Helen Martins is in Nieu- Bethesda gebore en het haar kinderjare in hierdie klein Karoose dorpie deurgebring. As ’n jong vrou het sy later daarheen teruggekeer om vir haar bejaarde ouers te sorg – en na hulle dood is het sy daar aangebly.
Dit was gedurende hierdie stadium van haar lewe, tydens die 1950’s, dat sy die interieur van die huis radikaal begin verander het en die huis en die werf verander het in ’n tuin van beeldhouwerke. Oor ’n tydperk van 12 jaar het sy die huis en werf omskep in ’n geïntegreerde omgewingskunswerk. Sy is geïnspireer deur Christelike Bybelse tekste, die gedigte van Omar Khayyam en verskeie werke deur William Blake. Die beeldhouwerke was hoofsaaklik van uile, kamele en mense, wat meestal oos kyk om haar fassinasie met die Ooste uit te druk.
HELEN MARTINS
Die standbeelde is deur haar assistant, Koos Malgas, uit sement en gevinde voorwerpe gemaak. In die 70’s het Helen Martins besef dat sy besig was om haar sig te verloor. Sy het in 1976 selfmoord gepleeg deur bytsoda te drink. Vandag word die Uilhuis as ’n museum bewaar.
KOOS MALGAS MET EEN VAN DIE UILE WAT HY GEBOU HET VISUELE KUNSTE 2011