Daar word dikwels na Velazquez verwys as die ‘skilder se skilder’, wat beteken dat ander kunstenaars baie kan leer oor die kuns van skilder deur sy werk te bestudeer.
tussen Augustus en Desember 1957 het Picasso ’n verbysterende hoeveelheid van 54 oorspronklike olieskilderye gemaak wat las Meninas deur Diego Velazquez geanaliseer en verken het. Picasso het die meesterstuk deur Velazquez vir die eerste keer gesien tydens ’n besoek aan die Prado in Madrid toe hy slegs veertien jaar oud was, maar dit het hom ongetwyfeld bekoor.
kyk nA PICASSo Se weeRgAweS en Doen DIe VolgenDe:
• Skryf die figure neer wat jy uit Velazquez se werk kan identifiseer.
• wat het Picasso verander aan Velazquez se weergawe regs? neem die styl, kleur, komposisie en atmosfeer in ag.
• wat is die ooreenkomste en verskille tussen Velazquez en Picasso se weergawes van die klein prinses (die Infanta Margarita)?