ANDY WARHOL, DIAMOND DUST SHOES, 1980. AKRIELVERF, SYSKERM-INK EN DIAMANTPOEIER.
Soos jy kan sien, is skoene ’n inspirerende onderwerp vir kuns en kom hulle voor in ’n groot verskeidenheid vorms, groottes, kleure – en elke paar het unieke slytasie-patrone. Skoene het nie net funksionele identiteite nie, simbolies kan hulle ook ’n reis, ’n weg geneem of een wat binnekort aangepak word, uitbeeld.
JEAN SHIN, HIDE, 2004. INSTALLASIE VAN DEKONSTRUKTUREERDE SKOENE.
Ontwikkel jou eie kreatiewe interpretasie van:
SKOENE- Jou onderwyser sal die aktiwiteit lei.
BEGIN MET JOU BRONBOEK. 1.11
Jy het reeds ’n verskeidenheid werk oor skoene in jou bronboek gedoen. Dit is deel van jou ondersoek oor hierdie tema. Jy kan nou jou navorsing ten opsigte van die tema van skoene uitbrei deur sommige/alles van die volgende te doen:
• maak ’n breinkaart van die tema van ‘skoene’. Dink aan die volgende wat verband hou met skoene: tipes, funksies, materiaal, vorms, betekenis, ens.
• Doen navorsing oor die tema van skoene. Dink aan lirieke of gedigte wat na skoene verwys, skoene in kunswerke, ander relevante beelde of jou eie gedagtes.
Jou opdrag is om ’n finale kunswerk te maak met ‘skoene’ as tema. Jou kunsonderwyser sal jou deur die proses lei en mag jou verdere instruksies gee oor media, grootte, tegniek, ens.