Vir die stamlid is daar ’n konstante wisselwerking tussen die spirituele wêreld en die fisiese wêreld van die mens en die natuur. Geeste het konstante aandag en gerusstelling nodig. Die ouer stamlede het ook rituele en seremonies gebruik om die jonger lede te disiplineer volgens stamgebruike. Voorvaders het ’n belangrike rol gespeel en is op verskillende maniere aanbid aangesien stamlede geglo het dat hulle voorvaders oor magte beskik om hulle lewens te beïnvloed. Die inisiasie van jong seuns sou weg van die dorpie in geheime boskampe plaasvind waar die ouer mans, wat dikwels maskers gedra het, die seuns sou leer oor die geskiedenis van die afoms van die stam, morele gedrag, sekere praktiese vaardighede en tradisies. Sulke inisiasie-seremonies vind vandag nog plaas, alhoewel van die seuns nou in stede woonagtig is. Vrugbaarheid van vroue en die aarde was ’n belangrike faktor wat gevier is tydens feeste en deur gekerfde beelde. Die vrou is vereer omdat sy lewe gegee het aan die volgende generasie van die stam. In onlangse eeue het godsdienste soos Christenskap en Islam Afrika binnegekom.
INISIASIE VAN JONG SEUNS
AFRIKA-BESKAWINGS
Baie van die konstruksies, figure en maskers, ens. wat oor die afgelope duisende jare in Afrika geskep is, het nie behoue gebly nie aangesien dit uit materiale gemaak is wat nie duursaam is nie. Daar is ook nie aantekeninge gemaak nie omdat mondelingse stories gebruik is om die geskiedenis te vertel.
Die Egiptiese beskawing sal later bespreek word, maar historici was in staat om sekere sub-Sahara beskawings te identifiseer:
NOK: Die oudste van hierdie beskawings is waar- skynlik die Nok-beskawing wat naby die Nigerrivier ontwikkel het. Daar word gereken dat dit 2 500 jaar oud is en dat dit vanaf 500 v.C. tot die 2de eeu n.C. geduur het. Die Egiptiese beskawing het ook gedurende hierdie tyd bestaan.