GEMENGDE MEDIA - Jou onderwyser sal die aktiwiteit lei.
Gebruik ’n stuk stywe karton om die patroon hieronder tot die grootte van jou voete te vergroot. Die boonste deel van die flappe moet wyer wees as die sool. Onthou om twee skoene te maak.
Gebruik die tema ‘Wie is ek?’ om jou skoene te versier. Jy kan selfportrette en voorwerpe wat jou belangstellings en persoonlikheid uitdruk, gebruik. Jy kan enige media, soos pen en ink, verf, collage- elemente, ens. gebruik. Oorweeg die kleure wat jy gaan gebruik – en die algehele indruk – versigtig.
moenie ’n plakboek-effek skep nie. Beskou die opdrag as ’n gemengde media-kunswerk. Sny die verskillende dele uit. Vou die flappe en heg hulle aan die sole. Die volgende voorbeelde is deur Graad 10-leerders gemaak en kan as inspirasie dien.