Artifak: ’n voorwerp wat deur die mens se kunstigheid gemaak is, veral ’n stuk gereedskap, wapen of ornament van argeologiese of geskiedkundige belang.
Asimmetries: balans word verkry wanneer verskillende elemente nie eweredig om die middel geposisioneer is nie omdat hulle dieselfde hoeveelheid visuele klem moet hê
Assemblage: ’n driedimensionele vorm van collage. Maak dikwels van gevonde voorwerpe gebruik en verander dit in kuns.
Avant-garde: aan die voorpunt van nuutheid; kunstenaars wat nuwe benaderings, style of tegnieke skep. Is “die tyd vooruit” en dikwels op hierdie tydstip onaanvaarbaar
B
Balans: goedgeproporsioneerde of eweredigverspreide rangskikking van elemente; verkry wanneer teenoorgestelde elemente in ’n komposisie in harmonie is; gehalte van stabiliteit en ewewig; word verkry wanneer posisie en fokus van noodsaaklike dele van die kunswerk beheer is; balans kan simmetries/ asimmetries/radiaal wees
Barok: die naam wat gegee is aan die dinamiese styl wat die kuns van die 17de eeu oorheers het. Daar word dikwels beweer dat die woord Barok afkomstig is van die Portugese woord “barocco”, wat onreëlmatig en grof beteken en gebruik is om pêrels met ’n oneweredige vorm te beskryf. negentiende eeuse kritici het die term gebruik om hulle misnoeë met die kunsvorm van daardie tyd uit te spreek. Hulle het gevoel dat dit ’n verval van die orde, eenvoud en simmetrie was en ’n kuns van ongestruktureerde, teatrale en groteske vorms geskep het.
Beginsels van ontwerp: beginsels wat gebruik word om elemente van ontwerp te orden om byvoorbeeld ’n spesifieke uitkoms/komposisie deur die aanwending van balans, eenheid, proporsie of herhaling te verseker
Beskawing: verwys na “stedelike kultuur”. Dit is ’n omgewing waar ’n groot groep mense naby mekaar woon en waar hulle georganiseerd geraak het rakende verdeling van arbeid, politiek, wetenskap en tegnologie
Bespreek: bied jou standpunt aan en gee redes vir jou stellings
Beweging: ontwerpelemente wat op so ’n wyse georganiseer is dat dit die aandag van die kyker trek om ’n spesifieke rigting in die komposisie te volg; die verspreiding of kontrastering van eenderse eienskappe of elemente regdeur die komposisie kan help om beweging te verkry