Kry voorbeelde van beelde uit die kontemporêre lewe van hoe leiers van lande of samelewings – en hulle vaardighede – bevorder word. Vergelyk dit met die reliëfeelde van Ashurnasirpal II deur die verskille en ooreenkomste in die keuses van onderwerpe te bespreek. Dink oor die veranderende rolle van leiers in die samelewing wanneer jy die beelde analiseer.
7 Argitektuur
Huise, paleise, tempels, mure en hekke in Mesopotamië is uit bakstene gebou; wat gemaak is van ’n mengsel van klei en modder wat in bitumen geplaas is aangesien daar baie min steen in die streek was. Dit verduidelik waarom baie min van die Mesopotamiese argitektuur behoue gebly het. Die Mesopotamiërs moes boë in die konstruksie van geboue gebruik waarop die dak gerus het, aangesien die pilaar- en lateimetode nie gebruik kon word wanneer bakstene as konstruksiemateriaal gebruik is nie. Die mure was gewoonlik effens skuins, en is beïnvloed deur die kenmerkende vorm van hulle tempels of ziggoeratte. Die ziggoeratte was trap-piramides sonder die gepunte boonste gedeelte, maar met altaars op hulle plat dakke. Die Mesopotamiërs beskryf die ziggoerat as die uitbeelding van die Kosmiese Berg waar alles begin en eindig. Die ziggoerat is in die middel van meeste Sumeriese stede gebou en is ook beskou as die spirituele sentrum van die gemeenskap. Die tempel was nie toeganklik vir almal in die samelewing nie. Priesters het daar tuisgegaan aangesien hulle godsdienstige rituele moes uitvoer, asook skrifgeleerdes wat na die rykdom van die koning en die stad omgesien het.
’N REKONSTRUKSIE VAN DIE ZIGGOERAT.
DIE GERESTOUREERDE OORBLYFSELS VAN DIE ZIGGOERAT BY AQAR QUF, 15DE EEU V.C.