Van die pieke van die vlamme na die gesig van die dwerg onder sy regtervoet, is die rondheid egalig terwyl die gedetailleerde lyne skerp is. Siwa hou ’n vlam in sy boonste linkerste hand vas, ’n drom in sy boonste regterste hand en hy maak gebare met elke laer hand. Siwa se regtervoet staan sterk op die boud van ’n dwerg. Die dwerg se gesig is gedraai soos hy opkyk na Siwa. Die dwerg hou ’n slang vas. Die slang is ook rondom een van Siwa se regterarms gedraai en is vervleg in sy hare. Delikate juwele versier Siwa se nek, gewrigte en enkels. Siwa dra ook ’n noukeurige hooſtooisel bo-op sy vloeiende lokke. Sy liggaam kom taamlik realisties voor en sy gebare is uiters delikaat. Sy oë is effens toe en sy mond, wat net effens boontoe krul, dui op ’n baie kalm, vreedsame houding.
In meeste Hindoe-huise sal ’n mens ’n afgod of ’n prent van die dansende Siwa gewaar.