Maak fotostate van jou sketse en besluit hoe julle die verskillende beelde van elke lid van die groep kan integreer deur ’n collage te maak. Elkeen moet tot die komposisie bydra. Die komposisie moet sin maak sodat dit ’n boodskap kan oordra.
Wanneer julle almal besluit het op ’n komposisie vir julle muurskildery, kan julle begin! As julle nie ’n muur het om op te werk nie, kan ’n baie groot stuk karton of stuk materiaal ook dien as ’n oppervlak. Verdeel jou beplanningskomposisie in vier gelyke blokke en doen dieselfde met die oppervlak waarop jy jou muurskildery gaan doen. Elke lid van die groep moet bydra tot elke stap van die projek.
Vir die finale uitvoering van die werk moet julle saam met julle onderwyser werk om te besluit op die geskikte beskikbare mediums.
VOORSTELLE
- DIE TRADISIOnELE SKILDER- OF
TEKEnMEDIUMS IS DEFInITIEF GESKIK.
- MAAK 'n MOSAIEK DEUR GESKEURDE OF GESnYDE PAPIER UIT TYDSKRIFTE
OF ROMMELPOS TE
GEBRUIK OF SKEP JULLE EIE MOSAIEKBLOKKIES DEUR OP DUn KARTOn TE VERF In 'n VERSKEIDEnHEID KLEURE En DIT DAn In BLOKKE TE SnY.
- SKEP 'n MUURSKILDERY VAn SILHOEETFIGURE DEUR DIT UIT SWART KARTOn TE SnY En DIT OP 'n LIGTER AGTERGROnD TE PLAK - OF DOEn DIT DIE AnDER MAnIER OM.
VISUELE KUNSTE 2011
KARA WALKER, ONGETITEL
(JAGTONELE), 2004 SILHOEËTTE VAN SWART PAPIER UITKNIPSELS.
6.1
Jou onderwyser sal jou hierdie aktiwiteit lei.
Jy sal bostaande proses van die skepping van die muurversiering moet dokumenteer. Jy kan dit doen met foto’s, tekeninge en/of ’n teks. Sluit al jou dinkskrum-idees, rowwe sketse en navorsing in.
Jou kunsonderwyser sal jou in die proses lei en mag jou nog instruksies gee oor die media, grootte, tegniek, ens.
Vir die finalisering van die werk moet jy met jou onderwyser saamwerk om te besluit oor paslike media wat beskikbaar is.