Versadigde kleur: die suiwerste en helderste toestand van ’n kleur, geen wit bygevoeg nie
Versadiging: meting van die intensiteit en helderheid van ’n kleur VHJ is die afkorting vir “voor die huidige jaartelling” wat soms deur nie-Christene gebruik word om jaartelling te beskryf
Visuele geletterdheid: die vermoë om visuele beelde te “lees” en interpreteer. Identifisering, begrip van wat ons sien en verstaan van visuele verwantskappe is belangrik
Visuele tekstuur: illusie van tekstuur op ’n tweedimensionele of driedimensionele vorm
Vlak: die gedeelte van die vorm wat in 2D beskryf kan word; meestal byvoorbeeld deur die oppervlak van ’n fatsoen geïdentifiseer
Volksboukunde: plaaslike styl van argitektuur wat eie is aan ’n tydperk, area, kultuur of land wat veral in gewone huise gebruik word in teenstelling met groot kantoorblokke
Volume: ruimte binne ’n voorwerp
Voorgrond: gedeelte in ’n beeld (2D) wat lyk of dit nader aan die kyker is, gedeelte wat voor die res is
Voortvloeiing van die oog: die voortvloeiing van lyn of ’n buitelyn van een vorm na ’n ander; die kyker se oog beweeg gladweg deur die komposisie
Vorm: ’n tweedimensionele oppervlakte (plat) met ’n herkenbare grens
Vry vorm: enige onreëlmatige vorm in ’n beeld of versiering; deur vloeiende geboë lyne geskep W Waarde: graad van lig en donkerte
Waarnemende tekenvaardighede: vaardighede wat aangeleer word terwyl ’n voorwerp, figuur of plek eerstehands waargeneem word terwyl geteken word
Warm kleure: kleure soos rooi, oranje en geel. Hierdie kleure lyk of dit in die kyker se ruimte inbeweeg. Hulle skep ’n gevoel van opwinding
Werketiek: die manier waarop jy jou gedra wanneer jy ’n gegewe taak uitvoer; oor die algemeen die vlak en manier waarop jy die taak voorhande organiseer en uitvoer