Tydlyn/tydsraamwerk: die werklike volgorde van gebeure wat met spesifieke datums/tye aangedui word; meestal in geskiedkundige konteks gebruik
Tydsbestuur: die manier waarop jy die tyd wat jy gekry het om ’n taak uit te voer, bestuur
U
Uitvoerende Kunste: ’n kunsvorm wat met konseptuele kuns verband hou waar die idee of konsep van die optrede oor een of ander aspek van die samelewing of kuns oorgedra word. Die gebeure van die optrede is nie noodwendig vermaaklik of die vertel van ’n storie soos by ’n drama-optrede nie. Hierdie vorm van kuns verskil van ander visuele kunsvorms daarin dat die “kunswerk” slegs vir die tyd van die optrede duur, en dit word gewoonlik nie weer in dieselfde vorm herhaal nie. Die kunstenaar hoef nie noodwendig self die optrede te behartig nie, maar kan die aanstigter en beplanner van die gebeurtenis wees
Universele taal: ’n taal wat deur alle kulture verstaan kan word; visuele taal wat voorgestel word deur simbole, ikone, tekens wat dieselfde betekenis het ongeag die kultuur of land, soos ’n stopteken, tekens vir ’n lughawe, toilet, ens. Daar word dikwels na kuns verwys as ’n universele taal
V
v.C. die afkorting v.C. staan vir voor Christus; deel van ’n dateringstelsel wat vir ongeveer 1 500 jaar in die westerse samelewing gebruik word. n.C. is die afkorting wat aandui hoeveel jaar verloop het na die geboorte van Jesus.
Vanitas: ’n tipe stillewe wat ’n versameling voorwerpe toon wat die kortstondigheid van die lewe en die verganklikheid van alle aardse plesiere en prestasies simboliseer. Voorwerpe sou insluit sandlopers met die sand wat uitloop, skoenlappers, skedels, spieëls, blomme, kerse, ’n horlosie, ens.
Verduidelik: verhelder en gee redes vir jou stellings
Verdwynpunt: in perspektieftekeninge is dit die punt waar alle verdwynende lyne sal saamkom/ontmoet
Vereenvoudig: skakel onnodige detail uit; vereenvoudigde vorm toon slegs basiese detail
Vergelyk: wys verskille en ooreenkomste in ’n geordende volgorde binne dieselfde argument uit Vergroot: om iets groter te maak Verkies: om meer van een ding as ’n ander te hou