137 6 Reliëfbeeldhouwerk: Die Reliëfwerke in die paleis van Ashurnasirpal II
Reliëfeeldhouwerke was die mees toonaangewende vorm van kuns uitdrukking in Mesopotamië. Kunstenaars het enige materiaal wat beskikbaar was, soos steen, hout, ivoor, metaal, klei en edelstene of halfedelstene gebruik om hierdie duursame beeldhouwerke te maak. Die tegniek is gebruik in kunswerke met ’n groot verskeidenheid funksies wat gestrek het van argitektuurversierings tot vate, meubelbybehore, op juwele en silinderseëls. Silinderseëls of stempels verteenwoordig ’n kunsvorm wat behoue kon bly. Dit kan geherproduseer word om presies te wys hoe die oorspronklike werk gelyk het. Beelde op hierdie klein, kraalagtige voorwerpe wat grafeer is volgens die intaglio-metode kan nog in nat klei gedruk word soos duisende jare gelede.
BAIE SILINDERSEËLS VAN MESOPOTAMIË HET BEHOUE GEBLY OMDAT DIT KLEIN EN DUURBAAR WAS. DIE BOONSTE ILLUSTRASIES IS ’N SLANGAGTIGE-SILINDERSEËL VAN IBNISHARRI C. 2250 V.C. EN SY INSKRIPSIES. IN HIERDIE BEELD VERSKYN DIE HERHALENDE TEMA VAN DIE KONING WAT SY KUDDE WATER GEE MET ’N VAAS WAT MET WATER OORVLOEI.
Ashurnasirpal II was ’n magtige Assiriese monarg bekend vir sy wreedheid. Hy het vanaf 883 v.C. tot 859 v.C. geheers het. Sy paleis by Nimrod is versier met groot reliëfwerke wat sy fisieke, spirituele en politieke mag uitgebeeld het. Hierdie lae reliëfwerke is uit gips- albaster gekerf en word deur sommige mense beskou as die beste voorbeeld van artistieke uitdrukking deur die Mesopotamiërs. Ashurnasirpal II se politieke agenada is versterk deur die strategiese plasing van die tonele wat maklik as ’n aaneenlopende narratief lees. Die sigbaarste posisies, soos binnehowe, troonkamers en ontvangsvertrekke is gekies om versier te word met kerfwerk op blokke stene wat 3.7m hoog is. Dit is ontwerp om mense met Ashurnasirpal II se mag te intimideer en te beïndruk. Die tonele wat op hierdie blokke uitgebeeld is, is aantekeninge van veldslae, jagekspedisies en godsdienstige rituele.
Die styl van hierdie werke is nie heeltemal naturalisties nie, maar is op so ’n manier gesimplifiseer dat dit ’n simbool van menslike krag geword het deur die klem te plaas op relevante dele van die beelde.