Simbool: eienskap/beeld/figuur wat ’n idee, konsep of emosie voorstel; kommunikasie gaan verder as die oorspronklike en letterlike vorm; byvoorbeeld die hart wat die simbool van liefde is
Simmetrie: graad waarmee vorm of elemente weerskante van ’n sentrale as spieëlbeelde van mekaar is
Simmetriese balans: elemente wat ewe ver van ’n sentrale punt of as is; tweedimensionele of driedimensionele vorm wat aan beide kante van ’n sentrale as eenders is
Skaal: uniforme en proporsionele verkleining of vergroting van die grootte en dimensies van ’n fatsoen of ruimte; stel gewoonlik nie die werklike dimensies in die werklike wêreld voor nie; die werklike grootte van byvoorbeeld ’n voorwerp in verhouding tot sy omgewing
Skadu van ’n kleur: donkerder waarde van dieselfde kleur; kleur + swart
Skedule: ’n tydsraamwerk waarin ’n sekere hoeveelheid werk en take voltooi moet wees
Skone kunste: die “niefunksionele” kunsdissiplines, soos skilderwerk en beeldhouwerk
Spontaan: doen sonder om te dink of beplan; spontane lyn suggereer ’n vars energiekwaliteit en vrye vloei; dit gebeur natuurlik en is nie beplan nie
Staties: kan nie beweeg nie, of beweeg nie
Statiese vorm: ’n vorm wat glad nie kan beweeg nie; het selfs nie die eienskap om die illusie van beweging te suggereer nie
Stele: ’n regop kliptafel met beelde en teks van geskiedkundige of godsdienstige betekenis gegraveer
Stilering: verwys na die verwringing van verteenwoordigende beelde ooreenkomstig sekere kunskonvensies of om sekere ontwerpeienskappe te beklemtoon. Dit verwys ook na ’n kunstenaar wat standaardeienskappe gebruik om ’n voorwerp uit te beeld. Slegs die algemene vorm word getoon, maar die detail word geïgnoreer. gestroop tot basiese herkenbare eienskappe
Styl: verwys na die “hoe”-vraag oor kunswerke. “Hoe het die kunstenaar die onderwerp uitgebeeld?” “Hoe het die kunstenaar sy/ haar persoonlike stempel op die werk afgedruk?”
Superponeer: om ’n laag op ’n ander laag te plaas.