Westerse Beskawing verwys na die ontwikkeling wat nagegaan is vanaf Prehistoriese tye tot die op die oomblik in Europa en die kolonies van Europese lande waar immigrante voortgegaan het met Westerse konsepte. Dit is interessant om waar te neem dat daar in Westerse Kuns, vanaf die Renaissance, ’n beweging was na optiese naturalisme tot in die 20ste eeu.
Nie-Westerse Beskawings verwys na die samelewings wat in die Ooste ontwikkel het en ook op die suidelike Stille Oseaan-eilande, Australasië, die vroeë samelewings in die Amerikas, ens. In nie- westerse kuns het die konsepsuele en godsdienstige interpretasie van visuele beelde tot ’n groot mate voortgeduur.
WOORDELYS
KONSEPTUEEL – kuns wat idees uitdruk.
AS DIE NIE-WESTERSE BESKAWINGS OORWEEG WORD, IS DAAR ALLERLEI INTERESSANTE VRAE WAT GEVRA EN BEANTWOORD MOET WORD:
• Waarom is daar groot steenkoppe op ’n eiland? • Waarom is 6 000 lewensgrootte soldate begrawe? • Het Hokusai ’n tsunami in sy houtsnee uitgebeeld? • Watter rol speel die slang in vroeë kuns? • Waarom maak sommige kulture sandontwerpe wat wegwaai?
• Waarom het die meeste van die kulture gekerfde verwronge gesigte op godsdienstige geboue?
• Waarom het die vrou agt arms? • Verteenwoordig herhalende kolle ’n spirituele kommunikasie? • Is ’n totempaal veronderstel om te verrot?
Die lande en kulture is te uiteenlopend om in detail bestudeer te word en daarom sal ’n paar voorbeelde deur die wêreld behandel word.