Gedurende die Middeleeue is die opdrag vir kuns meestal deur die Katolieke Kerk gegee, wat die kunstenaars streng riglyne gegee het oor hoe die finale produk moes lyk. Die Middeleeuse kunstenraar was gewoonlik anoniem en is as ’n vakman beskou. Tydens die Renaissance het die begunstiging van kuns toegeneem om nie slegs die kerk en die adel in te sluit nie, maar ook handelaars en bankiere wat ywerig was om hulle status ten toon te stel deur kunswerke te koop en opdrag te gee vir die maak daarvan.
Kunstenaars is toegelaat om meer buigbaar te wees oor wat hulle kon maak en hulle het hierdie van hierdie geleentheid gebruik gemaak deur nuwe temas en tegnieke te verken. Die kunstenaars se name was nou bekend en hulle was nie meer anonieme vakmanne nie. Kunstenaars soos Leonardo da Vinci en Michelangelo was gesog by pouse en prinse. Die kunstenaar is nie net as ’n ambagspersoon beskou nie, maar was ’n ingegrale en belangrike deel van die samelewing. Kunstenaars en hulle kunswerke was die trots van hulle stede en yslike bedrae is spandeer om die stede te versier.
Indien iemand besluit het om ’n kunstenaar te word, sou hy as ’n vakleerling by die werkwinkel (bottegas) van ’n meesterkunstenaar moes aansluit. Die vakleerling sou geleer word hoe om pigmente te maal en te meng om verf te maak, hoe om kwasse te maak en hoe om oppervlaktes voor te berei vir skilderwerk. Hy sou ook saam met sy meester aan opdragte werk, en het gewoonlik aan minder belangrike dele van die skildery gewerk. Leonardo da Vinci was ’n vakleerling in Verrochio se werkwinkel. Dit is aangeteken dat die engel aan die linkerkant deur ’n jong Leonardo geskilder is.
VISUELE KUNSTE 2011
ANDREA DEL VERROCCHIO, THE BAPTISM OF CHRIST, 1474 – 75. OLIE OP PANEEL