OM INSIG IN ENIGE KUNSWERK TE VERKRY, MOET ’N MENS EERS DIE ‘TAAL’ VAN KUNS KEN. HIERDIE TAAL IS DIE ALFABET VAN DIE KUNSELEMENTE.
DIE FORMELE ELEMENTE VAN KUNS LYN SAUL STEINBERG
lyn is ’n element van kunswerk wat verwys na die aaneenlopende merk wat deur ’n bewegende punt op ’n oppervlak gemaak word. Dit kan tweedimensioneel wees, soos ’n potloodmerk op papier of dit kan driedimensioneel wees (draad) of geïmpliseer word (die kant van ’n vorm).
LYN IS ORAL OM ONS. Paul Klee het gesê,
“’n lyn is n punt wat gaan stap het.”
LYNE IN NATUUR
PAUL KLEE, PROMANADE, 1929 , PEN EN INK
lyn is die basiese element van skryf, teken en meeste skilderye. Piktogramme of beeldskrif was die vroegste vorm van skryf..
’n Buitelyn is ’n lyn wat aanmekaar heg om vorm te skep. Die lyne het deurentyd dieselfde dikte.
Kontoerlyne definieer kante, maar definieer ook die kante van vorms binne-in die primêre vorm.