Een van die belangrikste bydraes was die ontwikkeling van die gebruik van boë, gewelwe en koepels in die Romeinse boustyl. Hierdie ontwikkeling was ’n argitekturele revolusie wat die spanning op mure in konstruksie verlig het. Die ou manier om ’n paal en latei te gebruik om ’n dak op te laat rus, het baie swaar gewig op die pilare geplaas. Hulle het eers enkel boë gebruik en toe later is oorkruisde boë gebruik sodat vier gange daaruit kon loop. So het die koepel ontwikkel. Die groot voordeel was dat geboue nie meer afanklik was van pilare vir ondersteuning nie. Pilare was egter nog deur die Romeine gebruik as versierings.
DIE VAATJIE GEWELF, LINKS,
BESTAAN UIT ’N REEKS BOË LANGS MEKAAR TERWYL DIE KRUIS GEWELF, REGS, GEVORM WORD DEUR DIE KRUISING VAN TWEE VAATJIE GEWELWE.
Alhoewel die Romeine nie beton ontwikkel het nie, het hulle die materiale wat hulle in die hande kon kry, bewerk. Hulle het toe hul eie tipe beton ontwikkel waarmee hulle sterk mure kon bou. Baie van die mure wat in daardie tydperk gebou is, bestaan nog. Die eerste pleister wat hulle ontwikkel het, het te gou droog geword en dit was moeilik om daarmee te bou. Toe hulle ’n pleister ontwikkel het wat stadiger drooggeword het, kon groot areas oorkoepel word sonder enige pilaarondersteuning aan die binnekant.
VISUELE KUNSTE 2011
DIE COLOSEUM IN ROME WAS IN 75 TOT 82 N.C. GEBOU. HIERDIE OVAAL
AMFITEATER BESTAAN UIT ’N SISTEEM VAN BOË EN GEWELWE TERWYL DIE KLASSIEKE ORDES GEBRUIK IS OM DIE BUITEKANT TE VERSIER.