Vir ETSWERK het ’n mens ’n metaalplaat nodig wat bedek is met twee, harde suurbestande grondlae – was op die werkoppervlak en vernis aan die agterkant. Ontwerpe word geteken deur die was- laag met ’n stomp naald, wat in ’n houthouer is, te krap. ’n Suurbad word gebruik om die ontwerp, wat op ’n suurbestande grondlaag geteken is te ‘byt’. Die suur byt slegs waar die metaalplaat blootgestel is. Die diepte van die lyne verskil volgens tyd en die sterkte van die suurbad-oplossing. Etswerk laat ’n meer spontane hantering as gravering toe. Dit word dikwels met ’n skakeringsmetode wat akwatint genoem word, gekombineer.
PLANOGRAFIES
in HiErDiE Soort DrukwErk iS DiE BEElD op DiE oppErVlAk VAn DiE plAAt. Dit Sluit in:
LITOGRAFIE: Die kunstenaar teken met ’n olierige kryt op ’n blok kalksteen. Die oppervlak word met water natgemaak en die olierige getekende lyne bied weerstand teen die water. Ink word dan op die steen gerol – en die ink heg vas aan die olierige tekening en word afgeweer deur die nat agtergrond. Die finale adruk weerspieël die merke van die tekening.
FRANCISCO GOYA, THE SLEEP OF REASON PRODUCES MONSTERS, 1797 – 8. ETSWERK EN AKWATINT.
HENRI TOULOUSE- LAUTREC, JANE AVRIL, 1899. LITOGRAAF- PLAKKAAT.