Die beginsels van komposisie/ontwerp verwys na die manier waarop ’n mens die elemente van kuns in n kunswerk organiseer om n spesifieke eindresultaat en effek te verkry.
BOTTICELLI, THE BIRTH OF VENUS, 1485. TEMPERA OP DOEK BALANS
Balans verwys na die rangskikking van kuns-elemente om stabi- liteit in ’n kunswerk te skep. Met ander woorde, dit ‘lyk’ en ‘voel’ reg.
SIMMETRIESE balans is wanneer albei kante dieselfe visuele gewig het en die werk byna soos ’n spieëlbeeld lyk. Dit lyk dikwels styf en formeel.
ASIMMETRIESE balans is wanneer albei kante dieselfde visuele gewig het, maar mekaar nie weerspieël nie. Dit maak gewoonlik meer interessante komposisies.
RADIALE balans word nie algemeen in komposisies gebruik nie, maar soos ’n madeliefie of ’n sonneblom, word al die elemente in die middel geplaas. roos-vensters in katedrale is ’n voorbeeld van hierdie ontwerpgebruik.
DEGAS, L’ABSTINTHE, 1876. OLIE OP DOEK.
Hoe sal jy die balans in die twee kunswerke hierbo beskryf?