Olieverf word stadig droog en bestaan uit deeltjies pigment wat ‘hang’ in ’n uitdrogende olie, gewoonlik lynsaad. Die taai vloeibaarheid van die verf kan aangepas word deur die byvoeging van ’n oplosmiddel, soos terpentyn of wit spirtitus. Vernis kan ook gebruik word om die blinkheid van die gedroogde lagie te beklemtoon. Olieverf is vanaf die vroeë 15de eeu as ’n artistieke medium gebruik. Meeste van die skilderye wat jy oor die volgende drie jaar gaan bestudeer, is in olieverf geskep.
Olieverf is gewild omdat dit so veelsydig is. Dit kan as glasuur (dun lae verf) of impasto (dik lae verf) gebruik word. Kenmerkend van olieverf is sy ryk helderheid. Baie donker tone kan ook daarmee geskep word. Dit skakel baie maklik met die omringende tipes verf in en laat die kleure toe om baie subtiel te vermeng. Olieverf skilderye het helder en juweelagtige kleure, wat die skilderye baie aantreklik maak en ’n glans-oppervlak aan hulle gee.
CARAVAGGIO, MADONNA WITH SERPENT (DETAIL) , 1606, OIL OP DOEK
WATERVERF
Waterverf is ’n deurskynende verfmiddel wat oplosbaar is in water. Waterverf is die medium of die kunswerk waarin die verf uit pigmente bestaan ‘hang’ in ’n water-oplosbare bindmiddel. Die tradisionele en mees algemene oppervlak vir waterverfskilderye is papier.
Kenmerkend daarvan is die helder delikaatheid omdat lig terug vanaf die papier deur die kleur weerkaats, wat die geheel helder en deurskynend maak.
EGON SCHIELE, THE ARTIST’S WIFE, 1918. WATERVERF OP PAPIER.