• noem agt dele in die skildery. • is dit ’n groot of ’n klein skildery? Hoe sou jy voel as jy voor hierdie werk kon staan?
• Beskryf die kleure wat in die werk gebruik is. watter stemming skep die gebruik van hierdie kleure?
• Hoe sou jy die vorms in hierdie skildery beskryf? • Bespreek die gebruik van lyn in hierdie skildery? • Bespreek die aanwending van verf? Smelt dit saam, is dit plat of sien jy duidelike kwashale? Hoe help die karakter van die verf met die uitbeelding van die skildery?
• Hoe sou jy die komposisie van hierdie werk beskryf?
Teken die vernaamste geometriese vorm van die komposisie oor die beelde.
“Skilder is nie daar om woonplekke te versier nie. Dit is ’n instrument van oorlog teen die vyand.”
– Pablo Picasso KONTEKSTUELE INLIGTING
Die Spaanse Burgeroorlog (1936 – 39) het gewoed tussen die nasionaliste, onder leiding van Generaal franco, en die linkse republikeine. franco, wat deur nazi-Duitsland en fascistiese Italië ondersteun is, was die oorwinnaar aan die einde van die stryd. Die Spaanse republikeinse regering wat in ballingskap was, het picasso gevra om hierdie enorme skildery vir die paryse Internasionale Uitstalling in 1937 te maak. Dit is geskep uit protes teen die verwoesting van die klein Baskiese dorp, Guernica, wat feitlik heeltemal in puin gelê is tydens ’n lugaanval deur nazi- bomwerpers, wat in die belang van franco opgetree het. Daar is 1 654 mense dood en 889 is beseer.
• Hoekom word al die figure en diere met oop monde uitgebeeld? • waarom word al die figure, selfs die wat van die kant af geteken is, met twee oë uitgebeeld?
• waarom dink jy het picasso net swart, wit en grys gebruik? • Hoe het jou opinie van die werk verander nadat jy die ‘storie’ daarvan gehoor het?
• Daar is twee bronne van lig in hierdie werk. wat dink jy is hulle betekenis?
• wat kan as vredesimbole in die skildery gesien word? • waarom kan dit as ’n vredeskildery beskou word? watter boodskap het dit vir ons vandag?
• waarom is die skildery figuratief en nie abstrak nie?
1.7
Voltooi in jou VKS-werkboek.
Gebruik die inligting vanuit jou antwoorde en skryf ’n paragraaf oor hierdie werk.