Gebrandskilderde glasvensters: verskillende vensterpanele van gekleurde glas en juwele wat met lood geheg is om ’n eenheid te vorm; glaspanele het dikwels handgeverfde detail; skep ’n dekoratiewe paneel sonder ruimte tussenin
Gedemp: ’n kleur, tekstuur, lyn wat sagter gemaak word; staan nie uit nie Geen versadiging: skakerings van grys
Geïmpliseerde beweging: om ’n gevoel van beweging te skep in ’n beeld wat nie kan beweeg nie; verkry deur die manier waarop jy jou kunselemente gebruik; herhaling van elemente kan dit ook bereik
Geïmpliseerde lyn, vlak, vorm of fatsoen: word vir die oog gesuggereer, maar is nie werklik daar nie
Geïmpliseerde ruimte: driedimensionele ruimte wat op ’n tweedimensionele oppervlak geprojekteer word, met ander woorde dit gee die illusie van ’n 3D-ruimte, maar dis slegs ’n 2D-oppervlak
Gekontroleer: nie spontaan nie; goed beplan en uitgevoer; volledige beheer oor die uitkoms/resultaat
Gemengde media: wanneer ’n kunstenaar verskillende media, materiale en tegnieke in een werk gebruik
Gemoed: gemoedstoestand of gevoel wat deur ’n komposisie oorgedra word, veral deur die gebruik van spesifieke kleure en teksture
Genre-skilderye: skilderye wat tonele uit die alledaagse lewe voorstel, soos huislewe, dorpstonele en stillewes
Geometriese vorms: gebaseer op geometriese, wiskundige vorms, soos ’n sirkel, vierkant of reghoek
Gevonde voorwerp: ’n natuurlike of mensgemaakte voorwerp soos dryfhout, lap of bottel wat onveranderd óf as kunsvoorwerp uitgestal word óf in sy eie reg in ’n kunswerk verwerk word
Globaal: wêreldwyd
Graffiti: slagspreuke, beelde en woorde in openbare plekke. In Italiaans beteken dit “krapmerke op ’n muur”.
Grond: agtergrond of oppervlak waarbinne vorms en afdrukke geskep word