BESprEEk DiE VolGEnDE in DiE klAS En mAAk AAntEkEninGE:
• Hoe verskil ’n beeldhouwerk van ’n skildery?
• Hoe dink jy het sy die beeldhouwerk gemaak?
• Hierdie figure is lewensgroot. Beskryf jou gevoelens oor hierdie werk.
• Beskryf wat jy sien. • Hoe word die neuse en monde uitgebeeld?
• wat het met hulle ore gebeur? • Hoe lyk hulle liggame?
ALEXANDER, THE BUTCHER BOYS (1985) GEMENGDE MEDIA INSLUITEND PLEISTER, BEEN EN ’N HOUTBANKIE.
KONTEKSTUELE INLIGTING
Hierdie werk het voortgespruit uit ’n gevoel van afgryse oor die toenemend onderdrukkende en brutale maniere wat deur die apartheid-regering gebruik is om die geweld van die 1980s in die Suid-Afrikaanse samelewing te beëindig. Hierdie werk het ’n simbool van institusionele geweld geword, soos die Sekuriteitspolisie wat betrokke was met die dood van Steve Biko, leier van die Swartbewussynsbeweging.
• nou dat jy meer oor die werk weet, het jy jou opinie verander en hoe?
• Hoekom dink jy hierdie werk ‘stuur rillings langs iemand se ruggraat af en gee ’n mens slapelose nagte’?
• wat dink jy is die moontlike betekenisse van die titel? • Gewoonlik word hierdie figure as die onderdrukkers (die mense wat die apartheid-regering in stand moes hou) beskou. Wat vertel hierdie werk ons van die mense wat hierdie wreedaardige dade moes pleeg?
• Hierdie is ongetwyfeld een van Suid-Afrika se treffendste kunswerke. Waarom sou dit wees en wat is die boodskap aan ons vandag?
VISUELE KUNSTE 2011
“My voorkeurtaal waarin ek myself kan uitdruk, en die een wat ek glo waarin ek die vlotste is, is visueel.”
– Jane Alexander
1.8
Voltooi in jou VKS-werkboek.
Gebruik die inligting vanuit jou antwoorde en skryf ’n paragraaf oor hierdie werk.