Driedimensionele grafelder-beeldhouwerke het ’n belangrike rol gespeel omdat hulle die tuiste sou word vir die ka-gees indien die gebalsemde liggaam verwoes is. Steen, die primêre materiaal vir beeldhouwerke, is beskou as die beste materiaal vir tempels en grafelders omdat dit die ewigheid as gevolg van die duursaamheid daarvan verteenwoordig het. Die Egiptenare het toegang tot ’n groot verskeidenheid materiale vir beeldhouwerk gehad omdat die land ’n oorvloedige bron van verskillende soorte stene was. Kalksteen, sandsteen, graniet en dioriet was oral beskikbaar in Egipte. Hout, klei en brons is ook gebruik vir beeldhouwerke van mense wat nie uit die adel afomstig was nie.
Baie beeldhouwerke was versonderstel om in die grafelders ingebou te word, maar ander is in tempels geplaas waar die seremonies van die dooie koning veronderstel was om tot in ewigheid gevier te word. Die Farao Mycerinus het opdrag gegee vir ’n reeks beeldhouwerke vir die Vallei-tempel aan die begin van sy prosessie weg na sy piramide by Giza. In een van die standbeelde word hy en sy vrou Khamerernebty uitgebeeld. Die standbeeld (wat 1.38 m hoog is) is gekerf uit grouwak, ’n soort harde kalksteen. Dit dateer uit ongeveer 2599 v.C. Die twee figure word uitgebeeld met redelik eenvoudige ampsierade. Die koning het ’n linne-hooſtooisel aan, hy het ’n vals baard wat goddellikheid simboliseer en is uigerus in ’n koninklike romp. Die koningin dra ’n dun mantel met ’n dik, gestileerde haarstuk. Ten spyte van die tekort aan versierings, is hulle houding onmiskenbaar aristokraties terwyl hulle in die ewigheid instaar. Hulle goddellikheid word beklemtoon deur hierdie gevoel van onaantasbaarheid. Die ryk kleure verf waarmee hierdie twee figure versier is, het deur die eeue heen verdwyn. Egiptiese beeldhouwerke wat uit daardie tyd dateer, is altyd bedek met naturalistiese kleure en die harde steen is meestal gebruik omdat dit duursaam was, alhoewel ons vandag die kleur en tekstuur van dié natuurlike steen bewonder.
Die kombinasie van hierdie twee figure as ’n beelhouwerk- groep word versterk deur die rangskikking van verskeie ritmiese elemente. Beide figure staan regop, wat die vertikaliteit van die hele vorm van die beeldhouwerk beklemtoon.
FARAO MYCERINUS EN SY VROU KHAMERERNEBTY,
GIZA, C. 2350 B.C., GRAYWACKE
Die vertikale lyne van hulle arms, bene en bolywe is in kontras met die horisontale lyne van hulle liggaamlike eienskappe: die koning se belt en die koningin se arm. Beeldhouwerke is gemaak om van vooraf bekyk te word en die beeldhouwerk suggereer die blok waaruit dit gekerf is. Dit het die effek dat die figure baie styf en regop vertoon. Die kombinasie van die konvensies wat vereis is om koninklike figure uit te beeld, en die effek wat verkry is deur ’n figuur uit n blok steen te beitel, het bygedra tot die onbuigsaamheid wat in die beeldhouwerke waargeneem word.