Tutankhamen se grafelder is meestal onaangeraak gelaat deur die eeue en is ’n uitstekende voorbeeld van die praal wat die Farao na sy dood vergesel het. Kyk na die omhulsel waarin sy gemummifieerde liggaam gehou is. Doen navorsing oor die betekenisse van die verskeidenheid simbole wat deel van die versiering van die omhulsel is. Vergelyk hierdie omhulsel met die dromkiste van Mudzunga. Wat lei jy af van hierdie twee mense deur die versierings op die kiste?
TUTANKHAMUN WAS AKHENATEN SE SEUN EN HET IN 1333 V.C. DIE HEERSER VAN EGIPTE GEWORD. HY WAS TOE NEGE OF
10 JAAR OUD. HY HET ’N PAAR GEBREKKE GEHAD EN AS GEVOLG VAN SY SWAK GESONDHEID IS HY DOOD TOE HY 18 WAS. SY GRAFSTEEN HET FEITLIK VERDWYN ONDER JARE SE PUIN EN GEBOUE EN WAS VERGETE TOTDAT ARGEOLOË DIT IN 1922 ONTDEK HET.
BESPREEK DIE VOLGENDE IN DIE KLAS EN MAAK NOTAS OM JOU TE HELP MET JOU NAVORSING VIR DIE PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK
Wat sê die verskillende Egiptiese kunsvorms van die mense van daardie tyd? Wat was vir hulle belangrik? Vergelyk dit met ons kontemporêre lewe. Wat is vir ons belangrik en hoe word dit vandag in kuns weerspieël?