Rotskuns inpireer moderne kunstenaars. Walter Battiss, ’n Suid-Afrikaanse kunstenaar het die Rotskuns in sy omgewing bestudeer en dit toe gekombineer met die invloede van Westerse Kunstenaars soos die Fauviste wat helderkleurige vorms in hulle skilderye gebruik het en wat ook tekort geskiet het aan perspektief soos die plat San-kuns.
WALTER BATTISS, ROCK ARTIST, 1965, OLIE OP DOEK.
WALTER BATTISS, AFRICAN ROCKS AND FIGURES, 1966. OLIE OP DOEK.
2 .3 Voltooi in jou VKS-werkboek.
Walter Battiss is deur San-Rotskuns geïnspireer. Skryf twee paragrawe met vol sinne en beskryf al die karaktertrekke wat jy kan raaksien wat deur Rotskuns beïnvloed kon word.
NEEM DIE VOLGENDE IN AG: • Onderwerp • Figuurproporsies • Simbolisme • Driedimensionele vorm • Perspektief
Skryf ook enige karaktertrekke neer wat jy dink anders as Rotskuns is.