Kitsklaarvoorwerpe: Marcel Duchamp se naam vir massavervaardigde voorwerpe wat gevind is en as kunswerk gebruik word, byvoorbeeld die urinaal
Klem: ’n fokuspunt sal byvoorbeeld die voorwerp of deel van die kunswerk beklemtoon; geskep deur ’n spesifieke kleur, tekstuur, lyn, ens. wat gewoonlik in kontras is of sterker as die res van die voorwerpe of dele van die kunswerk; gebruik van elemente op ’n spesifieke manier sodat dit gekonsentreerde visuele aandag vereis
Kleurharmonie: kleure langs mekaar op die kleurwiel werk goed saam of is in harmonie met mekaar
Kleurpalet: ’n spesifieke groep of reeks van ’n verskeidenheid kleure, geïdentifiseer om in ’n spesifieke projek te gebruik; die reeks kleure kan kontrasterend, komplementêr of monochromaties wees
Kleurtint: verwys na ’n kleur of skakering van ’n kleur; wys na die werklike naam van die kleur
Kleurverskeidenheid: die gebruik van verskillende kleure
Kleurvibrasie: wanneer twee hoogs-kontrasterende kleure by die raaklyn/grenslyn ’n persepsie van vibrasie en beweging skep Kleurwaarde: die lig of donkerte van ’n kleur
Kleurwiel: toon die verwantskap tussen kleure soos primêre kleure, sekondêre kleure, komplementêre kleure op ’n georganiseerde wyse om ’n sirkelvormige kaart; word in die studie van kleurteorie gebruik
Kolonisering: het tydens die industriële revolusie in die 19de eeu plaasgevind toe europese lande na grondstowwe gesoek het. Afrika is deur die europese lande verdeel in die lande soos ons dit vandag ken, sonder om die inheemse mense in ag te neem. Sedert die 1960’s het die Afrika-lande onafhanklik geword.
Komplementêre kleure: kleure wat teenoor mekaar op die kleurwiel geplaas is, soos rooi en groen, geel en pers, blou en oranje; ’n primêre kleur is die komplementêre kleur van ’n sekondêre kleur (mengsel van twee primêre kleure)
Komposisie: die kombinasie van die kunselemente om ’n harmonieuse geheel te vorm. Die rangskikking van die kleure, vorms, fatsoene, ens. moet ’n visueel-aangename of stimulerende eenheid vorm. Die kunstenaar is die persoon wat hierdie dinge saamstel – dit word komposisie genoem. Die finale resultaat van die samestelling van ’n tekening, skildery of beeld word die komposisie genoem.
Konsep: die idee/s agter ’n kunswerk VISUELE KUNSTE 2011