Party kundiges het Mannerisme beskou as die agteruitgang van die Hoë Renaissance, maar hierdie benadering het nou verander. Dit word nou oor die algemeen beskou as ’n teenreaksie tot die klassisme van die Hoë Renaissance.
Gedurende Mannerisme, is die kalm, idealiseerde wêreld van die Renaissance, gebaseer op klassieke ideale, agtergelaat. Figure is nou uitgebeeld in gedraaide, verlengde en verwronge posture. Dit is of die skilderye net ’n manier is om die kunstenaar se tegniese vaardighede uit te beeld. Soms was daar glad nie ’n logies konneksie tussen die grootte (skaal) van die figure nie. Kleure is helder en strak om die emosionele effek te beklemtoon en dikwels is voorkeer gegee aan bv. oranje wat saamsmelt in rooi, of geel in groen. Mannerisme is nie ’n kalm styl nie, maar een van subjektiwiteit en emosie. Mannerisme was ’n reaksie teen die kalm, gebalanseerde werke van die Renaissance. Dit is gevolglik ’n emosionele styl met vergrote gesigsuitdrukkings, gebare en beligting. Een van die meesterwerke van Mannerisme is Michelangelo se Die Laaste Avondmaal in St Peter in Rome.
PARMIGIANINO, MADONNA WITH THE LONG NECK, C. 1535. OIL ON HOUT.
“’n Kunstenaar van die uiterste elegansie, wat alle realiteit met absolute grasie uitbeeld.”
Hierdie is ’n elegante werk vol kunsmatige grasie en ‘stroperigheid’. Madonna is ’n swaanagtige dame wat uitgebeeld word met ’n klein ovaalvormige kop, ’n uiters lang nek en rubberagtige vingers. Al die figure is verwronge en verleng in onnatuurlike houdings, bv. die baba Jesus. Aan die linkerkant is ’n engelagtige figuur met ’n slaperige uitdrukking. Aan die regterkant is ’n ry pilare sonder suilhoofde en ’n klein figuur met ’n boekrol. Parmigianino het verwringing gebruik om ’n emosionele reaksie by die kyker te ontlok. Die oppervlaktes is soos koue porselein geskilder.