CHIAROSCURO is die tweedimensionele uitbeelding van die effekte van lig en skaduwee as ’n manier om die soliditeit van lig- game weer te gee, veral wanneer hulle in sterk kontras uitgebeeld word. Die Barok-skilders soos Caravaggio en rembrant was meesters in die gebruik van chiaroscuro.
1.4
TONALE WAARDES - Jou onderwyser sal
TONALE die aktiwiteit lei.
Maak ’n lewensgrootte tonale tekening van ’n skoen of ’n paar skoene in potlood, houtskool of pen. let versigtig op hoe die lig val sodat jy jou tekening kan maak. Dit help om aanvanklik aan die onderkant van die tekening jou eie waardeskaal by te voeg omdat jy ’n verskeidenheid skakerings gaan gebruik.
Jou onderwyser kan verskillende tegnieke demonstreer waarop skakerings geskep kan word, bv. arsering en kruisarsering.