Jean-Honoré Fragonard (5 April 1732 – 22 Augustus 1806) was ’n Franse skilder uit die Rococo. Fragonard het meer as 550 skilderye opgelewer (uitsluitend tekeninge en etse), waarvan slegs vyf deur hom geteken is.
Hierdie ‘stoute’ skildery vertel ’n storie waarin ’n jong man daarin slaag om ’n reëling met ’n niksvermoedende biskop te tref. Die biskop swaai die jong man se mooi geliefde hoër en hoër, terwyl hy (haar minnaar) in die onderkantste linkerhoek na haar toe uitreik en haar bewonder. Sy swaai hoër en hoër en die jong man het ’n uitsig onder haar romp in. Die jong dame skop koketterig en vrymoedig haar skoen na die klein standbeeld van kupido toe, wat sy vinger teen sy lippe hou. In die agtergrond is twee ander kupido-figure saamgebondel. Die toneel speel af in ’n geil, oorgroeide tuin. Daar is baie beweging in hierdie werk wat geskep is met die diagonale lyne wat deur die swaai gevorm word asook deur die beweging van die los kwashale. Die kleure is hoofsaaklik pastelle met bleek skakerings van pienk en groen wat help om die ligte gevoel van hierdie werk te skep. Dié skildery het die gedrag van die aristokrasie uitgebeeld, ’n ligsinnige soeke na plesier.