Kultuur: die eienskappe van ’n groep mense wat aangeleer eerder as biologies is. Aspekte soos taal, kunste en godsdiens definieer normaalweg die kultuur van ‘n groep mense
Kuns ter wille van kuns: kuns wat nie in opdrag gemaak is nie, eietydse kunstenaars het byvoorbeeld die vryheid om aan hulle idees uiting te gee
Kunselemente: lyn, tekstuur, kleur, vorm/fatsoen, tonale waarde L
Lae versadiging: kleure met geen lewendigheid nie; dowwe kleure; min van die suiwer kleur oor
Laterale denke: onkonvensionele benadering tot die oplos van probleme; nie die tradisionele of logiese benadering nie Leë ruimte: sien ook negatiewe ruimte
Letterlike interpretasie: wanneer jy iets direk interpreteer, op die manier hoe dit deur almal gesien word, nie ’n abstrakte interpretasie nie. letterlike metafoor as teenoorgestelde van ’n visuele metafoor – ’n metafoor is ’n implisiete analogie of vergelyking wat op ’n verbeeldingryke manier een ding met ’n ander identifiseer.
Ligdeel: ’n punt of area wat beklemtoon word deur die helderheid van kleur, waarde of lig wat direk gereflekteer word
Lokale kleur: natuurlike kleur van ’n voorwerp of materiaal Luminositeit: gee lig af; kan werklik wees of ’n illusie Lyn: element wat volgens lengte en rigting verstaan word M
Maak van merke [mark making]: spontane maak van merke op ’n oppervlak met enige tekenmateriaal; stel nie iets konkreets voor nie; verskillende tekenmateriale en aanwending/metodes loop uit op verskillendgetekstureerde, lineêre en visuele voorkoms of eienskappe
Maatskaplike kwessies: kwessies soos MIV/vigs, water, elektrisiteit en behuisingstekort, misdaad, ens. wat ’n uitwerking het op die daaglikse maatskaplike strukture van gemeenskappe
Magies-religieuse eienskappe: hou verband met voorwerpe of mense wat ’n mag het wat met spiritualiteit geassosieer word en nie as deel van die rasionele wêreld verduidelik kan word nie
Maket: kleiner skaalmodel, prototipe van die werklike 3D-beeld, gebou of konstruksie