Hy het sy inspirasie vir die skepping van sommige van sy werke as ’n innerlike noodsaaklikheid beskryf: “Iets druk, druk om uit te kom. Sien hierdie werk van Noag se Ark? Toe dit uitgekom het, was ek verlig.” Hy het ook die volgende oor sy onderwerpe gesê: “My temas, ek doen drome, kyk rondom my en lees die koerant … as ek droom, droom ek oor iets spesifiek en dan begin ek onmiddellik werk voor ek my droom vergeet. Dit is wat ek bedoel – ek droom party prente.” En hy het ook gesê: “Ek preek. Ek dra ’n boodskap oor – aan die eienaar van daardie prent, aan wie ons dit gaan verkoop, om dit te koop, daar is ’n boodskap in al hierdie aspekte.” Sy werke het ’n verskeidenheid onderwerpe ingesluit. Dit het sy gemoedstoestand en sy daaglikse ondervindings, soos in ’n dagboek, uitgebeeld. Dit het die volgende kategorieë ingesluit: Stamlewe, Dierelewe, Waarnemings van Sosiale Omstandighede, Kerklewe, Bybelstories en sy Persoonlike Lewe. Vanaf die ouderdom van 14 het Muafangejo deelgeneem aan die antieke tradisie van sy stam, die Kwanyamas. In sy kunswerke rakende die onderwerp, word sy bewustheid van die kompleksiteite van die stamlewe, sosiale verantwoordelikhede, sosiale verhoudings en hiërargieë uitgedruk.
4.3 Voltooi in jou VKS-werkboek
Kyk na die drie uitbeeldings van reliëf-uitsywerk op ’n seepsteenskottel wat verwys na mitologiese tonele vanaf die vierde millennium v.C. in Mesopotamië. Vergelyk hierdie beelde met John Muafangejo se linosnee deur die verskille en ooreenkomste te bespreek wat in die formele elemente, samestelling, styl en tegniek en ook die onderwerp uitgebeeld word.
STAMLEWE
MUAFANGEJO SE KRAAL - HY HET SY PA SE KRAAL IN DIE WERK MUAFANGEJO SE KRAAL UITGEBEELD. DIE HUTTE, DIE HEILIGE VUUR, WAPENS, DIE BEESTE EN INDIVIDUELE LEWENSAREAS VAN DIE MENSE WORD UITGEBEELD. TIPIES VAN BAIE VAN SY WERKE, HET HY ’N GESKREWE BESKRYWING VAN DIE PRENT IN GEBROKE, MAAR BESKRYWENDE, ENGELS INGESLUIT. DIE RANGSKIKKING VAN ELKE DEEL VAN DIE KRAAL WYS DIE ORGANISERING EN HIËRARGIE WAT DEEL VAN DIE FAMILIELEWE IN DIE STAM WAS – DIE PA IS BO IN DIE MIDDEL, DIE GROOTSTE FIGUUR SAAM MET DIE WAPENS; DIE POTTE WAARIN KOS EN WATER GEHOU WORD, WORD IN DIE MIDDEL BESKERM; EN DIE KINDERS IS ALMAL SAAM IN DIE REGTERKANTSTE HOEK. DIE HELE KRAAL WORD OMRING DEUR BEESTE WAT SIMBOLIES IS VAN DIE RYKDOM VAN MUAFANGEJO SE PA.
DRIE AANSIGTE VAN DIE STIATIET-SKOTTEL VERSIER MET ’N RELIËF-UITSNYWERK VAN ’N MITOLOGIESE TONEEL WAT DATEER AAN DIE EINDE VAN DIE VIERDE MILLENNIUM V.C. ’N MAN MET LANG HARE WORD TWEE KEER UITGEBEELD. HY HET ’N NETROMP AAN EN HY TEM SLANGE. PLANTE EN ANDER WESENS WORD EWEREDIG OOR DIE OPPERVLAK VERTEENWOORDIG. ANDER IDENTIFISEERBARE DIERE WAT OP DIE SKOTTLE VOORKOM, SLUIT INDIESE BEESTE, LEEUS, LUIPERDE EN ROOFVOËLS IN