Laaistroom Figuur 5.21 (b): Die laai van ’n kapasitor R1 A B C
Battery
R2
Figuur 5.21 (c): Kapasitor gelaai R1 A B C
Battery
R2
Ontlaaistroom Figuur 5.21 (d): Die ontlading van ’n kapasitor
Wanneer die skakelaar in posisie B is (Figuur 5.21 (a)), sal daar geen lading oor die plate van die kapasitor verskyn nie en die kapasitor sal dus nie gelaai wees nie. Sodra die skakelaar na posisie A beweeg word, soos in Figuur 5.21 (b), sal elektrone aangetrek word van die positiewe plate na die positiewe terminaal van die battery. Terselfdertyd sal ’n soortgelyke getal elektrone van die negatiewe terminal van die battery na die negatiewe plate van die kapasitor vloei. Dit sal ’n skielike stroomstuwing veroorsaak. Konvensionele stroom vloei van die positiewe terminaal van ’n battery na die positiewe plate van die kapasitor totdat die kapasitor gelaai is tot op die toevoerspanning. Soor hierbo gemeld, sal die laaikoers afang van die waardes van die weerstand en die kapasitor.
Wanneer ’n kapasitor gelaai word soos in Figuur 5.21 (b), sal die spanning oor die kapasitor eksponensieel toeneem soos aangetoon in Figuur 5.22 (a). Met verloop van tyd word die spanning amper gelyk aan die toevoerspanning. Terselfdertyd val die stroom in die stroombaan tot zero volt (Figuur 5.22 (b)). Die laaitempo van die kapasitor sal altyd afang van die tydkonstante van die stroombaan, soor hierbo genoem. Wanneer ’n kapasitor laai, sal die spanning daaroor styg tot omtrent 63% van die toevoerspanning na een tydkonstante (RC); na nog een tydkonstante (2RC) sal die spanning gestyg het met nog 63% van die oorblywende spanning. Dit word algemeen aanvaar dat die kapasitor na vyf tydkonstante (5RC) ten volle gelaai is.