Om ’n las op twee plekke aan of af te skakel (byvoorbeeld om ’n lig aan elke kant van ’n lang gang of trap te kan aanskakel), het jy twee EPDS-skakelaars nodig.
Stroombreker Tweerigtingskakelaar
6
Lamp Figuur 6.11: Tweerigtingskakeling
Kruisskakeling (tussenskakeling) Vir twee of meer plekke moet twee drade, wat die L1
skakelaars verbind, deur ’n kruisskakelaar (soos hieronder verduidelik) gevoer word om hulle om te ruil. Enige aantal kruisskakelaars kan ingevoeg word, sodat voorsiening vir enige aantal plekke gemaak kan word. Hierdie soort skakeling word vir woonstelle met meer as drie verdiepings en gange met T-aansluitings aanbeveel.
- en L2 Stroombreker Tweerigtingskakelaar
-aansluitings van die
Kruisskakelaar Figuur 6.12: Tussenskakeling
Muursokkring Muursokke moet met ’n lewendige, neutrale en aardkontinuïteitsgeleier bedraad word. Vir muursokke kan die dwarssnitoppervlakte van die lewendige en neutrale geleiers van 2,5 mm2
tot 4 mm2 wissel en die aardgeleier moet 2,5 mm2 Stroombreker wees. Die muursokkrag word gewoonlik via ’n 20 A-stroombreker met die toevoer verbind.