Afsondertransformators: Hulle is baie dieselfde as nettransformators, behalwe dat hulle nie die spanning verander nie. Hulle word gewoonlik gebruik om toerusting van die hooſtoevoer te beskerm en hulle windingsverhouding is 1:1.
8
Figuur 8.29: Afsondertransformators
Oudiotransformators: Hierdie transformators word as impedansieaanpas- transformators gebruik ten einde die maksimale kragoordrag van een stroombaan na ’n ander te verkry. Hulle is kleiner en het ’n gelamineerde kern.
Figuur 8.30: Oudiotransformators
Radiofrekwensietransformators: Hierdie transformators is baie klein en het gewoonlik ’n spoel wat om ’n verstelbare ferrietkern gedraai is. Hulle word algemeen in radio-ontvangers gebruik.
Figuur 8.31: Radiofrekwensietransformators Transformatorberekeninge