Om verskillende weerstande te toets Soort aktiwiteit: Ondersoek
Materiaal en toerusting • Toetsbord met vyf weerstande. NB!!!!! Opvoeder moet leerders vyf weerstande gee waarvan die kleurkodes bedek is. (Hulle kan in ’n houertjie geplaas word, met verskillende weerstande in verskillende houers – slegs die simbole van die weerstande moet bo-op die houer verskyn.) • ’n Digitale multimeter.
Instruksies 1. Kies die regte instelling om die weerstande mee te toets. Skryf dit neer. 2. Gebruik nou die multimeter op die korrekte instelling om al die lesings te kry en skryf dit in die tabel hieronder neer. Skryf ook die kleurkodes vir die vyf weerstande volgens jou lesing neer.