Figuur 2.24: Hoe die multimeter verbind moet word om spanning te lees
Stroommeting (GS en WS) Stroom kan slegs gemeet word terwyl die stroombaan met die toevoer verbind is. Vir laer stroomlesings moet die rooi leidingsdraad by die V/Ω/mA-sok en die swart leidingsdraad by die COM-sok (of aardingsteken) ingeprop word. Vir stroomlesings bo 10 A moet die rooi leidingsdraad by die 10A-sok ingeprop word. Leerders moet besonder versigtig wees wanneer stroom gemeet word, omdat verkeerde stroommetings die multimeter kan beskadig.
Lae stroommetings
Hoë stroommetings
Jy is nou gereed om jou eerste stroomlesing te neem: • Die kiesskakelaar moet eers na die stroomskaal (GS of WS) gedraai word, afangend of jy WS of GS wil meet.
• Kies altyd die hoogste moontlike skaal of strek.
• Wanneer 'n stroomlesing geneem word, moet die multimeter in serie met die getoetste stroombaan verbind word. Met ander woorde, die stroombaan moet gebreek en die multimeter deel van die stroombaan word waardeur die stroom sal vloei. Maak seker dat die rooi leidingsdraad aan die kant van die stroombaan verbind is wat met die positiewe kant van die toevoerspanning verbind is.