Bostaande LC-stroombane in Figuur 10.3 kan elektries energie, wat teen die resonante frekwensie ossillator, opberg. Die kapasitor stoor energie tussen sy plate na gelang van die spanning daaroor, en die induktor stoor die energie in die vorm van ’n magneetveld, na gelang van die stroom wat daardeur vloei.
Met verwysing na Figuur 10.3(a) sien ons dat, indien ’n gelaaide kapasitor oor ’n induktor verbind word, ’n ontlaaistroom deur die induktor sal begin vloei; hierdie stroom wat deur die induktor vloei, sal ’n magneetveld rondom hom opbou en die spanning op die kapasitor na nul verminder. Sodra die stroom ophou vloei deur die induktor, sal die magneetveld daaromheen ineenstort, en ’n stroom tot gevolg hê wat die kapasitor met ’n spanning laai wat die omgekeerde polariteit het as die aanvanklike. Wanneer die magneetveld volkome verdwyn het, hou die stroom op vloei en word die lading weer in die kapasitor geberg, met ’n teenoorgestelde polariteit as voorheen. Die siklus begin dan opnuut, met die stroom wat in die teenoorgestelde rigting deur die induktor vloei.
Die energie ossillator heen en weer tussen die kapasitor en die induktor totdat (en mits dit nie aangevul word deur krag van ’n eksterne stroombaan nie) die weerstand die ossillasies laat uitdoof. Dit is bekend as ’n harmoniese ossillator. Die ossilasie se frekwensie word bepaal deur die waardes van die kapsitansie en induktansie wat gebruik word. In tipiese ingestemde stroombane in elektroniese toerusting is die ossillasies uiters vinnig: duisende tot miljoene siklusse per sekonde.
Modulasie en demodulasie
Modulasie Radiokommunikasie is moontlik weens elektriese energie wat van ’n sender na ’n ontvangtoestel beweeg in die vorm van elektromagnetiese golwe. Om inligting uit te saai, moet ’n lugdraad voorsien word van krag teen ’n radiofrekwensie (RF). Voordat radiogolwe inligting kan dra, moet hulle “gemoduleer” word, ’n proses waardeur sommige kenmerke van die radiogolwe, veral amplitude of frekwensie, in ooreenstemming met die inligting wat oorgedra moet word, “gemoduleer” word. Spraak en musiek se spanning en stroom moet binne ’n oudiofrekwensie (OF) val. Die uitsending van klank deur ’n radio behels dus die modulasie van RF-golwe om OF-inligting te dra.
Modulasie is die verandering van ’n sein om intelligente data oor die kommuni- kasiekanaal te dra. Verskeie soorte modulasie is beskikbaar, na gelang van die stelselvereistes en -toerusting. Die algemeenste tipes modulasie is amplitudemodulasie, frekwensiemodulasie en fasemodulasie.
Demodulasie Nadat die gemoduleerde sein deur die opvanglugdraad ontvang is, kan dit nie net so na ’n luidspreker gevoer word nie. Die inligting of OF moet eers van die RF geskei word om weer vir ons sinvol te wees. Die OF word geskei van die gemoduleerde RF deur die opspoorder of demoduleerder. Demodulasie behels die herstel van gemoduleerde dataseine na hulle oorspronklike vorm.