Krag wat op ’n stroomdraende geleier in ’n magneetveld inwerk Soos voorheen genoem is een van die kenmerke van magnetiese vloedlyne dat hulle mekaar nooit kruis nie. Die eenvoudige werking van ’n elektriese motor is op hierdie feit gebaseer. Bestudeer die onderstaande figuur met twee staafmagnete en ’n geleier wat deur die middel van die magneetveld loop. Daar vloei geen stroom deur die geleier nie.
Geleier
Perm. magnete Figuur 8.15: Geen stroom vloei deur geleier
Wanneer stroom deur die geleier begin vloei, sal die magneetveld om die stroomdraende geleier en die magneetveld van die staafmagnete op mekaar inwerk. Die geleier sal op of af beweeg, afangend van die rigting van die stroom deur die geleier. Wanneer die stroom uit die bladsy uitvloei, sal die veld van die magneet en die geleier ’n sterk magneetveld onder die geleier vorm en dit boontoe druk.
Rigting van krag
Perm. Magnete
Rigting van krag Perm. magnete
Figuur 8.16: Opwaartse en afwaartse druk op geleiers
Wanneer die stroom in die bladsy invloei, sal die veld van die magneet en die geleier ’n sterk magneetveld bokant die geleier vorm en dit afdruk. Die rigting waarin die krag werk, kan maklik met Fleming se linkerhandreël bepaal word. Die wysvinger moet in die rigting van die magnete se magneetveld wys (N na S) en die middelvinger in die rigting van die stroomvloei; dan sal die duim die rigting van die krag of die beweging van die geleier aandui.