• Verstel nou geleidelik die strek terwyl jy die lesing neem totdat jy 'n realistiese lesing kry.
Stroomvloei Weerstand Battery LED Rooi geleier
2
Skakelaar Stroomvloei Figuur 2.25: Hoe die multimeter verbind moet word om stroom te lees Weerstandmeting
Wanneer weerstandlesings geneem word, moet jy seker maak dat die spanningstoevoer afgeskakel is en dat minstens een been van die komponent wat getoets word, ontkoppel en uit die stroombaan geneem is.
Die rooi leidingsdraad moet by die V/Ω/mA-sok en die swart leidingsdraad by die COM-sok ingeprop word.
Swart geleier
Jy is nou gereed om jou eerste lesing te neem: • Die kiesskakelaar moet eers na die weerstandskaal gedraai word. • Kies altyd die hoogste moontlike skaal.
• Die multimeter moet die komponent waarvan jy die weerstand wil meet, oorbrug (parallelskakeling).
• Die komponent moet uit die stroombaan geneem word, of een been moet ontkoppel word, voordat 'n weerstandlesing geneem kan word.
• Verstel nou geleidelik die strek terwyl jy die lesing neem totdat jy 'n realistiese lesing kry.
• Weerstand het geen rigting nie, dus kan die rooi en swart leidingsdraads van die multimeter aan enige kant van die getoetste komponent verbind word.