Om binêr te tel, werk naastenby soos in enige ander getallestelsel. ’n Mens begin met ’n enkele syfer en tel in stygende orde deur die betrokke reeks syfers. As jy desimaal tel, gebruik jy die simbole 0 tot 9; binêr tel jy net van 0 tot 1.
Wanneer die simbole vir die eerste syfer op is, gaan die eerste syfer (links) een op en jy begin weer by 0. Desimaal gaan jy soos volg te werk:
000, 001, 002, ... 007, 008, 009, (regterkantse syfer begin weer voor, en die volgende syfer word verhoog) 010, 011, 012, ..
Nadat 9 bereik is, stel een verdere verhoging die 9 terug op 0, maar bring ook ’n verhoging van die volgende syfer aan die linkerkant mee.
As jy binêr tel, doen jy dieselfde, behalwe dat net die simbole 0 en 1 gebruik word. Nadat die binêre syfer 1 bereik is, stel een verdere verhoging dit terug op 0, maar bring ook ’n verhoging van die volgende syfer aan die linkerkant mee.
0000, 0001 (regterkantse syfer begin weer voor, en die volgende syfer word verhoog) 0010, 0011 (regterkantse twee syfers begin weer voor, en die volgende syfer word verhoog) 0100, 0101, 0110, 0111 (regterkantse drie syfers begin weer voor, en die volgende syfer word verhoog) 1000, 1001, ...
As ons een bis (binêre syfer) het, het ons twee moontlike kombinasies: “0” en “1”. As ons twee bisse het, het ons 22
= 4 moontlike kombinasies:
0 0 0 1 1 0 1 1
As ons drie bisse het, het ons 23
0 0 0 0 0 1 0 1 0 0 1 1 1 0 0 1 0 1 1 1 0 1 1 1
As ons dus wil bereken hoeveel moontlike kombinasies ons met ’n gegewe aantal bisse kan hê, kan ons die volgende formule gebruik: aantal kombinasies = 2n = aantal bisse, d.w.s. 5 bisse = 25
= 32 kombinasies
Daar moet ook op gelet word dat die posisie van elke bis ’n spesifieke gewig in die binêre stelsel dra. Die gewig word in die volgende volgorde toegeken. Wanneer ons na die binêre getal 10102
kyk, onthou dat die minsbeduidende syfer (LSB) heel regs
staan en die meesbeduidende syfer (MSB) is die een heel links. Volgens die bostaande is die gewig van die minsbeduidende syfer (LSB) = 20 ens.
volgende LSB in die rigting van die MSB = 21 22
168 , die , die volgende in dieselfde rigting , waar N = 8 moontlike kombinasies: