Heinrich Lenz was ’n fisikus wat van 1804 tot 1865 geleef het. Hy het ’n eenvoudige manier ontdek om die rigting van die geïnduseerde elektriese strome wat deur Faraday se wet voorspel word, te bepaal.
Volgens Lenz se wet is die rigting van die geïnduseerde emk sodanig dat die beweging ’n stroom opwek wat die beweging van die emk teenwerk.
Duim wys rigting van krag (F) aan
Beweging
Regterhandreël vir generators
Middelvinger wys rigting van induksiekrag (I)
8
Rigting van veld
Wysvinger wys in rigting van magneetvelde (B)
Figuur 8.11 (a): Regterhandreël
Emk wat in ’n geleier geïnduseer word Die volgende faktore sal die grootte van ’n dinamies geïnduseerde emk beïnvloed: • Die lengte (l) van die geleier in meter • Die vloeddigtheid van die magneetveld (ß) in tesla • Die spoed waarteen die geleier deur die magneetveld beweeg word (v) in meter per sekonde e = ß l v × N volt waar N = aantal geleiers.
Voorbeeld: Bereken die geïnduseerde emk in ’n geleier met ’n lengte van 10 cm wat teen 4 m/s deur ’n magneetveld met ’n vloeddigtheid van 375 mT beweeg.
Gegee: l = 10 cm = 0,1 m ß = 0,375 T v = 4 m/s e = ?