Basiese beginsels van elektrisiteit Hierdie wet lui:
Die stroom wat in ’n stroombaan vloei, is direk eweredig aan die aangewende emk en omgekeerd eweredig aan die weerstand. Direk eweredig beteken dat soos een hoeveelheid toeneem, die ander ook toeneem. Omgekeerd eweredig beteken dat soos een hoeveelheid toeneem, die ander afneem.
I α V ∴ I = V R
R Die ‘towerdriehoek’
3
Sit jou duim op die letter in die driehoek waarvan jy die waarde wil weet – en die oorblywende letters gee jou die formule om daardie waarde te bereken. As jy egter ’n bietjie nadink, sal jy besef dat Ohm se wet nie behoorlik kan werk as al die waardes nie in die regte maateenhede uitgedruk word nie. Onthou hierdie TWEE punte:
Die eerste en belangrikste punt: • Stroom = Ampère (A) • Emk
= Volt (V) • Weerstand = Ohm (Ω)
Die tweede punt: Teken altyd ’n rowwe diagram van die stroombaan wat jy bestudeer voordat jy berekeninge met die reeds bekende waardes in die stroombaan begin doen.
Voorbeeld: Jy het ’n stuk draad oor ’n battery verbind en deur meting vasgestel dat die spanning oor die draadpunte 12 volt is. Jy meet die stroom wat in die drade vloei as 3 A. Jy wil die weerstand weet, maar jy het nie ’n ohmmeter nie.
Stap 1: Teken die stroombaan en skryf al die inligting in. l = 3 amp