Die doel van hierdie hoofstuk is om jou vertroud te maak met die basiese beginsels van magnetisme, met spesifieke verwysing na die wette van Faraday en Lenz. In hierdie hoofstuk kyk ons deurgaans na ’n paar eenvoudige toepassings van elektromagnetisme soos die relê.
Natuurlike magnetisme vs Elektromagnetisme
Lank gelede het die Grieke ontdek dat ’n sekere soort klip klein ysterdeeltjies aantrek as dit naby die deeltjies gebring word. Hierdie eienskap van die klip is magnetisme genoem. Hierdie rotse was eintlik ’n soort ystererts bekend as magnetiet. Die magnetiet het metaal aangetrek. Natuurlike magnetisme kan dus omskryf word as die aantrekkingskrag van sekere rotse.
Elektromagnetisme kan dus beskryf word as die skepping van aantrekkingskragte in ’n nie-magnetiese metaalvoorwerp d.m.v. elektriese stroom. Dit kan ook beskou word as magnetisme wat geskep word deur elektrisiteit. Aanwendings soos die elektromagneet sal later in hierdie hoofstuk beskryf word.
Sommige kenmerke van magneetvelde rondom permanente magnete • Deur en om alle permanente magnete loop daar ’n magneetveld (magnetiese vloedlyne).
• Hierdie magneetveld (magnetiese vloedlyne) kruis mekaar nooit nie. • Hierdie magneetveld (magnetiese vloedlyne) is deurlopend. • Buite die magneet loop die magneetveld (magnetiese vloedlyne) van noord na suid en daarbinne loop hulle van suid na noord.
• Hierdie magneetvelde (vloei) is onsigbaar. • Hierdie magneetvelde (vloei) is rondom die magneetpole gekonsentreer. • Hulle probeer altyd die kortste roete van pool na pool volg.
Figuur 8.1: Magnetiese vloedlyne
Wanneer ons met magnete werk, moet ons onthou dat eenderse pole (suidpool en suidpool en noordpool en noordpool) mekaar afstoot en teenoorgestelde pole (noordpool en suidpool) mekaar aantrek.
Afstootkragte
Aantrekkingskrag Figuur 8.2: Magnetiese afstoot- en aantrekkingskragte 144