spanning oor RL ook toeneem en gevolglik sal die spanning tussen die aarde en die kollektor (VCE
As die sein wat oor die basis aangewend word die basis vergroot, sal die vooruit- rigting oor die basis-afgeweraansluiting ook vergroot. As gevolg hiervan vloei daar meer elektrone vanuit die emittor na die basis; as die insetsein dus versterk word, sal IE
en daarna IB ook vergroot word. Die toename in kollektorstroom laat die ) afneem.
Die NPN-transistor as skakelaar Die transistor kan ook as ’n skakelaar gebruik word deur dit te laat aan- en afskakel. Hierdie aan- en afskakeling van die transistor maak dit vir ons moontlik om dit in logiese/digitale toepassings te gebruik. As die stroom van die transistorbasis tot nul verminder word, sal die basis/emittorstroom tot benede 0,7 V daal en die transistor sal afskakel, sodat daar geen stroom deur die las vloei nie. As die stroom van die transistorbasis verhoog word totdat die basis-emittorstroom meer as 0,7 V is, sal die transistor aanskakel, sodat die maksimum stroom deur die las vloei. As die las ’n lamp is, sal dit af wees wanneer daar geen stroom vloei nie en aan wanneer die maksimum stroom vloei.
Die voordele van die gebruik van elektroniese skakelaars is: • Daar is geen slytasie van die skakeltuig nie. • Skakeling vind baie vinnig plaas. • ’n Geringe stroom kan die transistor aan- en afskakel.
LAS lc (hoog)
5
lb
(laag) Figuur 5.53: Die transistor as skakelaar Transistortoetse
’n Transistor is basies twee diodes wat rug-teen-rug gekonnekteer is. Die toetsing van die transistor is dus dieselfde as om twee diodes te toets. Dit is belangrik dat jy die rangskikking van die geleidings uit ’n transistor-databoek kry om die basis, emittor en kollektor uit te ken voordat jy kan begin toets. Die volgende toets kan op ’n transistor uitgevoer word om te sien of dit reg werk.
Stel die meter op “Continuity/ diode ‘beep’ mode”. Konnekteer die rooi draad aan die basis van die transistor. Konnekteer die swart draad aan die emittor. ’n Goeie NPN transistor sal ’n verbindingsspanning van tussen 0.45V en 0.7V gee. ’n Goeie PNP transistor sal ‘OL’ lees. Los nou die rooi draad aan die basis en verskuif die swart draad na die kollektor. Die lesings moet dieselfde wees as die voriges. Ruil die drade om en herhaal die toets.