26. Wat is die funksie van die volgende komponente? i) ’n PN-verbinding diode. ii) ’n lig-afanklike weerstand.
27. In watter van hierdie stroombane sal die diodes stroom deur die lamp laat vloei?
(a)
(b)
(c) 28. Beskryf die werking van diodetoets-stroombaan: Skakelaar
(d)
Diode getoets te word
Vind uit wat die twee glimdiodes (LEDs) sal doen as hierdie drie soorte diodes getoets words: • Werkende diode • Diode defek, kortsluiting • Diode defek, oop.
29. Gestel ons het ’n aanwending waar ’n GS-generator krag voorsien om ’n sekondêresel-battery te laai:
Die enigste probleem met hierdie opset is dat die generator as motor probeer optree wanneer die enjin wat dit draai afgeskakel word, krag uit die battery onttrek en dit ontlaai. Hoe kan ons ’n gelykrigter-diode gebruik om dit te voorkom?
30. Drie kapasitors van 1µF, 2µF en 3µF is in series verbind en dieselfde drie kapasitors word dan parallel verbind. In watter verband sal hulle kapasitansie die hoogste wees? Bewys jou antwoord.
31. Wanneer ’n 6V battery, ’n skakelaar, ’n diode en ’n gloeilamp in serie verbind word, wat sal die spanning wees wat oor die diode gemeet word wanneer die skakelaar gesluit word? Teken eers die stroombaan.
32. Verduidelik in jou eie woorde die verskil tussen ’n diode, ’n LED en ’n Zener- diode. Gee ook die IEK simbool vir elke component.