Die geiser se sub-stroombaan Die geiserstroombaan mag alleenlik met 4 mm2
bedraad word. Die
geiserstroombaan moet ook sy eie stroombreker hê (minstens 30 A) en ’n tweepoolisolator. Dis belangrik om te onthou dat die bedradingskode bepaal dat die isolator binne reikafstand van die geiser moet wees.
Geiser Stroombreker
Tweepool isolator
Element Termostaat
Figuur 6.14: Geiser se sub-stroombaan
Die stoof se sub-stroombaan Dis belangrik om te onthou dat stowe met een- of driefasestelsels verbind kan word. Geleiers van sowat 10 mm2
word aanbeveel, omdat die stowe ’n groot hoeveelheid
krag kan trek. Dis ook belangrik om te onthou dat die stoof se stroombreker minstens 35 A moet wees. Die bedradingskode skryf ook voor dat ’n isolator naby die stoof gemonteer moet word om die stoofstroombaan af te sonder.