Transistors se werking Voordat die transistor as ’n versterker (in die lineêre of aktiewe streek) kan funksioneer, moet die basis-emittorvoegvlak in die geval van ’n NPN-transistor meevoorgespan word. Die diagram hieronder toon aan hoe die voorspanning aan die transistor verbind moet word vir behoorlike werking.
Meevoorgespan Teenvoorgespan
Emittor N
Elektrone vrygestel
Spergebied
Basis P
Kollektor N
Sperpotensiaal verlaag
Sperpotensiaal verhoog
Figuur 5.48 (a): Meevoorspanning van NPN transistor
Omdat die transistor twee PN-voegvlakke het, moet die basis-emittorvoegvlak meevoorgespan (lae weerstand) en die basis-kollektor teenvoorgespan (hoё weerstand) word. Elektrone vloei dan van die emittor na die basis as gevolg van die rigting van die battery. Die spanning van die voorspanning-battery is kleiner as die spanning van die kollektor-battery.
Die teenvoorspanning by die kollektor-basisvoegvlak veroorsaak dat die sperlaag uitbrei en die basisstreek dieper binnedring. Omdat die elektrone negatief is, word hulle oor die voegvlak aangetrek deur die positiewe potensiaal van die kollektor-spanning. Hieruit sien ons in die NPN-transistor dat die elektrone die meerderheiddraers is en die holtes die minderheiddraers.
Die PNP-transistor werk op presies dieselfde manier as die NPN-transistor – die enigste verskil is dat die holtes in die PNP-transistor die meerderheiddraers is. Die basis-emittorvoegvlak is weer meevoorgespan, wat die sperlaag vernou en die holtes van die emittor na die basis laat vloei. Alhoewel die sperlaag tussen die kollektor- aansluiting verbreed word, word die holtes aangetrek deur die negatiewe spanning van die battery wat aan die transistor se kollektor verbind is.