tantaalkapasitors gepolariseer en is hulle uiters gevoelig vir teenvoorspanning – soms ontplof hulle as jy hulle geweld aandoen. Aan die ander kant maak hulle klein afmetings hulle baie aantreklik vir talle toepassings.
Kapasitorkleurkodes (Kapasitorwaardes) Gewoonlik word die kapasitansie-, spannings- of toleransiewaardes op die kapasitor se romp aangedui. Wanneer die kapasitansiewaarde egter ’n desimale breuk is, skep ’n desimale komma (of punt) probleme omdat dit misgekyk kan word en die waarde dan verkeerd gelees word. Letters soos p (piko) of n (nano) word in die plek van die desimale komma gebruik om sy posisie aan te dui. So kan ’n kapasitor gemerk word as n47 = 0,47nF, 4n7 = 4,7nF of 47n = 47nF.
Om die verwarring rondom die letters, syfers en desimale punte te verminder is ’n internasionale kleurkoderingskema jare gelede ontwikkel as ’n eenvoudige manier om kapasitorwaardes en -toleransies te identifiseer. Dit bestaan uit kleurringe (in die spektrale volgorde) met die volgende betekenisse:
Nes weerstande voldoen klein kapasitors soos film- of skyſtipes aan die BS1852-
standaard, waar die kleure deur ’n letter- of nommerkodestelsel vervang word. Die kode bestaan uit 2 of 3 syfers en ’n opsionele toleransieletterkode. Waar ’n tweesyferkode gebruik word, word die waarde van die kapasitor net in pikofarad gegee (d.w.s. 47 = 47 pF). ’n Drieletterkode bestaan uit die twee waardesyfers en ’n vermenigvuldiger, baie soos ’n weerstandskleurkode (d.w.s. 471 = 47 × 10 = 470 pF). Driesyferkodes gaan dikwels saam met ’n bykomende toleransieletter, soos hieronder aangedui.
250 V
400 V 100 V 630 V
Vermenigvuldiger C
Toleransie T > 10pf
± 20%
Toleransie T > 10pf
± 2,0 pF
Temperatuur- koëffisiënt TK
Werk-spanning V
Figuur 5.29: Bepaling van die waarde van 'n kapasitor deur middel van kleurkodes 98