Daar bestaan reeds so ’n toestel. Dit word ’n aardlekbeveiliging of ’n aardlekeenheid genoem en doen presies wat dit sê. As die verskil tussen die twee strome wat in die lewendige en neurtrale drade vloei meer as 20 tot 60 milliamp is, afangend van die eenheid se gevoeligheid, skop die sensor die krag uit en voorkom dit verdere elektriese skokke.
As jy by jou VDB (verdeelbord) gaan kyk, sien jy hom links van die hoofskakelaar, en jy kan hom uitken aan die toetsknoppie. Daar sal ook ’n sensitiwiteitswaarde op die etiket geplak wees (20 mA tot 60 mA). Nou hoekom, vra jy, skop my aardlek uit as niemand geskok word nie? Die antwoord is eenvoudig. Die toestel toets die volledigheid van alle elektriese strome in jou huis en daar kan ’n fout in een van die stroombane wees wat maak dat stroom aarde toe lek sonder dat daar ’n mens by betrokke is!
Jou geiser kan byvoorbeeld ’n defekte element hê vanweë swak isolasie tussen die element en die buitenste buis. As die swak isolasie toelaat dat ’n stroom uitlek wat hoër is as die gevoeligheidstrek van jou aardlekeenheid, sal die eenheid uitklink.
’n Voordeel van ’n aardlekeenheid is dat dit ’n mens toelaat om ’n elektriese skok te oorleef sonder dat dit fataal is, omdat die eenheid tusen omtrent 20 en 60mA uitskop. Hierdie toetsel is ook baie betroubaar. Nog ’n voordeel van die aardlekeenheid is dat dit vir behoorlike werking getoets kan word deur die toetsknoppie te druk. ’n Nadeel is dat dit baie duur is om te vervang as dit breek.
Aktiwiteit 1
1. Noem die vyf komponente waaruit ’n beskermingstroombaan gewoonlik bestaan.
2. Teken die simbool vir ’n sekering en verduidelik sy werkwyse. 3. Noem twee soorte miniatuurstroombrekers (MSB’s). 4. Verduidelik die beginsel waarmee die miniatuurstroombreker werk. 5. Wat is ’n aardlekkasie? 6. Verduidelik die werking van ’n aardlekkasie. 7. Verduidelik hoe ’n miniatuurstroombreker werk. 8. Wat is die funksie van ’n aardlekkasie se uitskopskakelaar? 9. Wat is die gevoeligheidstrek van ’n aardlekkasie? 10. Wat is die voordeel van ’n stadige sekering oor ’n vinnige sekering?